“De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei? ”
“De la Rey, De la Rey Will you come to lead the Boers?”

Recently the “De La Rey song” appeared on the scene. Since it is in Afrikaans I didn’t really focus on the lyrics – want my Afrikaans is nie baie goed nie 🙂 though I understand most discussions around me by now. The tune is really catchy – one tends to hum along with the melody.

Bok Van Blerk,’s song has stirred quite a controversy as more and more audience members lifted up old South African flags during his concerts and people started worry that the concerts might spark violent responses from some.

Long discussions followed on the pages of the De La Rey seminaar of LitNET, Youtube, CarteBlanche, Mail and Guardian, and other major newspapers and many blogs as well. Here is what Koos Kombuis says about the Bok and his song.

As I understand Bok’s aim was to promote Afrikaans culture and history – and he succeeded in getting the country (the world) talking – which is great – what I didn’t really see among the discussions, blog entries and news articles – is a broader look at Afrikaans identity.

The talk seems to be only about “white Afrikaans” people – their history and culture – Afrikaans is a language spoken by different communties – the language itself has had a colorful history – originating from Dutch, with German, Malai, Khoi, San, Malagasy, Portuguese, French, English, Xhosa influences – today’s Afrikaans speaking communties come from various backgrounds, from black to white and everything in between – not to consider a broader cultural identity doesn’t mean it is not there.

Matters of color seem to dominate still – I think it is vital for everyone in South Africa to spend some time and think about these issues – Africans, South Africans, white Africans, Afrikaans people, Afrikaanses, Boers, Coloureds, who is who – what means what – the country is still so divided – it is time now to focus on things that unite – Afrikaans can play a big part in that.

Have a look at Eugene’s take on the De La Rey issue:

Bok se lied – alternatiewe weergawe by Eugene Coetzee





‘n Boer is ‘n bok

en ‘n bok is ‘n bliksem.
So sê die ware Boere,
maar Bok van Blerk
bemark ‘n Boer
geblik vir ‘n breinlose verbruiker,
met sy selfoon bewapen,
met sy BMW behep,
met ‘n nostalgiese selfbejammering bewoë.

‘n Bodemlose bejammering
gebaseer op ‘n diepe
denkbeeldige beproewing
wat getoonset word
en vir Bok van Blerk,
die ballistiese Boer,
oornag ‘n superster status bewerkstellig.

Bok se beroemde liedjie
het geen bybedoeling nie-
dit is bloot
‘n kultuur-historiese nabetragting
en ‘n half beangste belydenis
dat die Boere nou bevalle is
met ‘n brute behae:
‘n onbeskryflik bedroefde hartstog
na ‘n bevoegde en bewese leier.

Bok se berugte beryming
is blykbaar blote onskuld
en geensins bereken nie.
De La Rey
rym toevallig met “bevry”
en ook so met “kom lei”.
Daar was natuurlik ook
De Klerk wat sou kon rym met “getrek”
en Botha wat kon rym met “kwota”.
Adriaan Vlok
rym pragtig met “gejok”,
Verwoerd kan goed rym met “beroerd”
so ook Vorster met “renoster”
of Treurnicht met “Auschwitz”.

Ongelukkig sou nie een
so goed verkoop nie.

Betaal Bok genoeg
en hy speel sy bevange lied
in bouvallige Orania
of vir die bewapende Boeremag.
Maar moet asseblief tog nie
daardie Oranje-Blanje-Blou
bo oor Bok van Blerk se kitaar kom vou –
Bok se image consultant
het ‘n streng polities-korrekte
bemarkingsplan ingebou.

Want kyk net die bruine bywoners
vanuit die Bokaap
gaan ook lekker bos
en koop sommer bakkies vol
Bryan Habana liedjies
sommer op dieselfde CD.

Met soveel allemintige alliterasie
begryp mens die konsternasie.

Maar ongelukkig sal die Afrikaner nasie
nooit saam met De la Rey se Boere staan nie.
Vra die nasate van Eva van Riebeeck
en Simon van der Stel,
vra vir Basil Coetzee
of Adam Small
oor die 1950’s bevolkingsregistrasie
se brutale tol.

Watter kant toe gaan die potlood val …
is jy ‘n Boer of is jy in jou moer?
Brose Afrikaner families
verpletter deur Apartheid staat,
bloed broers en bloed susters
deur hul eie mense verwerp:
as Kleurlinge vir altyd apart gemaak.

Boere met gewete en besware –
Braam Fischer, Breyten Breytenbach,
Beyers Naude en Tannie Bettie Du Toit,
ja selfs Oom Koos Kombuis
om net ‘n paar te noem
word deur die stoere Blanke Boer verdoem.
Bespot en beswadder
as volksverraaiers
met minagting vergoed.

Bok, miskien soek die Boere nie ‘n leier,
maar na vergifnis
vir wat hul aan mede-Afrikaners
en ons wyse leiers doen.

Hou goeie moed jonge man
en dink mooi daaroor na.
Daar’s ‘n silwer randjie
om elke donker maan.

Jy sien Bok, Oom Bey
rym net so goed met “bevry”
en “kom lei”
veel beter as
“Generaal de la Rey”
of “Bok van Blerk” ooit kan doen.

Bok, wees nou ‘n bliksem
en skryf vir ons a beter liedjie man!

[berym deur Eugene Coetzee wat vir enige iemand hiermee toestemming gee om die woorde en verse te gebruik om vir ons Afrikaners (en daar is baie van ons) wat nie vereenselwig met die nuwe “Boere image” nie asseblief ‘n alternatiewe song te skryf]

Eugene Coetzee

Advertisements